Menu Close

Geskiedenis

Middelburg Hoërskool is op 10 April 1918 gestig, die hoof is bygestaan deur sewe personeelede en die leerlingtal was 120. 

Tóé al het die vraag ontstaan oor wat die “gees en rigting” van die nuwe skool sou wees. Die hoof en personeel het besluit om dié skool ’n kweekplek van ‘n ruim Suid-Afrikaanse gees te maak met inagneming van die “eienaardige behoeftes van die land”.  Vandag , na amper 100 jaar kan ons steeds beaam dat dit steeds ’n doelstelling is om onderrig aan alle leerlinge, sonder aansien van persoon, ras of taal, te voorsien. Die primêre strewe is steeds nie slegs eksamenresultate nie, maar wel elke kind se voorbereiding vir sy latere lewe.

Middelburg Hoërskool se eerste hoof was mnr. Carl August Winter.   Vir die tien jaar wat hy verbonde was aan MHS het hy deurgaans geglo dat daar ’n groot toekoms op die skool wag.  Met die skool se inwyding in 1918 het hy in sy toespraak die skool vergelyk met ’n hondjie met ’n stomp stertjie en die hoop uitgespreek dat beide hond en stert vinnig sal groei.  Mnr. Winter was ’n veelsydige en toegewyde boumeester en die eerste om sooie te spit en die fondament te lê vir die nuwe dubbelmedium sekondêre skool.

MHS het deur tydperke van depressiejare en selfs oorlogsgeweld steeds gegroei. In die skooljoernaal van 8 Mei 1945 is die volgende vermeld:   “Gister na skool het ons  verneem dat die oorlog in Europa beëindig is.  Die hoof het toe na ’n kort dankdiens die kinders na huis gestuur.”  Nieteenstaande die moeilike sosiaal-maatskaplike toestande van daardie jare, het MHS groei en vooruitgang getoon.

Dr. Blignaut wat hoof was vanaf 1947-1953 het die volgende boodskap aan die skoolgemeenskap gerig in die jaarblad van 1948: “Om van enige skool ’n hoof te word, is ’n groot voorreg, maar om van ’n ou skool soos dié in Middelburg, geleë in een van die oudste dorpe in Transvaal, hoof te word, is sommer ’n buitengewone voorreg.

Jou verantwoordelikheid is besonder groot, want dis ‘n skool met ‘n historiese verlede. As gevolg van die oudleerlinge wat hierdie skool deur die jare en jare verlaat het, het jy kontakte dwarsoor die hele Unie en selfs daarbuite tot in die verre oorsese lande.  Keer op keer ontmoet jy gesiene figure wat hul hoërskoolloopbaan  hier deurloop het.  Die belangstelling en die navrae, direk en indirek, is baie wyd. Maar dis ’n inspirasie en jy voel dis jou eerste plig om die allerbeste te probeer lewer.”

Skoollied / School Anthem

Middelburg my eie die ruimte bly jou kroon,

Denne ruis as sierraad maar lering bly jou loon

Middelburg our honour, the universe our crown 

Reaching our potential 

a school of great renown.

Beautiful our grasslands and rivers gleaming bright, 

Valleys rich and fertile

Boast growth beneath the Light.

O, “Fide et officio”

oog glinster as jy praat

leef geel, groen en swart, ja

“Ons is ‘n skool van daad!”

 

Ons kreet / Our warcry

JAPIE!

Hy kom in die nag, JAPIE!

Hy kom in die nag, JAPIE!

Cuppi Cuppi Carri Cou

Cuppi Cuppi Carri Cou

Cumja

Middelburg, Middelburg

MIDDELBURG!

 

Ons wapen

Ons wapen bestaan uit ’n fort met kruise bokant die ingang. Voorop lê ’n geopende boek. Die simboliek hieraan verbonde is dat hier ’n veilige hawe geskep word waar kennis vergader kan word.

Our badge

Our badge consists of a fortress with two crosses above the entrance and an open book in front. These symbolise a safe haven where knowledge can be obtained.

Ons leuse

Ons leuse is FIDE ET OFFICIO (Geloof en Plig). Jy het ’n plig teenoor jouself om daardie talente wat jy ontvang het te ontwikkel en te vervolmaak, om ten einde jouself voor te berei vir die lewe.

Our motto

Our motto is FIDE ET OFFICIO – faith and duty. You have a duty to yourself to develop and perfect those talents you have received, in order to prepare yourself for life.

Erekode

Daar word verwag dat jy hierdie erekode sal respekteer en nakom.

As leerling van Middelburg Hoërskool streef ek daarna om:

  1. my skool te eer deur lojaal te wees aan sy tradisies, sy ideale, sy leuse en sy kleure.
  2. pligsgetrouheid selfs in die kleiner sake.
  3. eerbare gedrag in en buite die skool.
  4. eerlikheid in al my verhoudings.
  5. hoflikheid en erkentlikheid teenoor meerderes, gelykes en minderes.
  6. onbaatsugtige diensvaardigheid by alle geleenthede.
  7. ware sportmangees teenoor maats en opponente, by werk en ontspanning.

Code of Honour:

You are expected to respect this code of honour and be true to its principles.

As a pupil of Middelburg Hoërskool I strive to uphold:

  1. the honour of my school by loyalty to its tradition, to its ideals, its motto and its colours.
  2. a true sense of duty in all matters.
  3. an honourable conduct in school and in public.
  4. honesty in all my associations.
  5. courtesy and gratitude towards superiors, equals and inferiors.
  6. selfless service at all times.
  7. true sportsmanship towards companions and opponents, in work and play.

MHS Vlaglied

In die jaarboek van 1926 is die volgende lied gepubliseer as die MHS Vlaglied, maar wie die komponis of skrywer van die lied is, is nie aangedui nie.

Simbool van ons vryheid

Simbool van ons krag

Simbool van oorwinning

Is die MHS vlag!

Klein-swart is die stryd

Groot-groen is die hoop.

Die goud vir bekroning

Na die stryd het verloop.

Die boek staan vir kennis

Vir moed die kasteel.

“Fide et officio”,

En die vlag is geheel.